WACK – Working Actors Club

  • Pretoria, Menlyn
  • 0725890272

Categories:

Description

By die Werkende Akteurs Klub, spesialiseer ons in die ontwikkeling en verbetering van die selfvertroue en selfbeeld van kinders 5-18jaar. Ons werk ook aan al die dissiplines van Drama, onder andere: stem, spraak, asemhaling, liggaamshouding, beweging, konsentrasie en ontspanning. Ons ontwikkel kreatiewe denke en improvisasie-vaardighede waar kinders leer om vinnig op hul voete te kan dink. By die Dramaklas leer kinders om hul eie opinies te vorm en ook om dit op ‘n positiewe wyse te kan kommunikeer. Kinders kry blootstelling aan die verhoog deur kinderteaterproduksies wat Die Werkende Akteurs Klub aanbied, asook verskeie Eistedfods, talentkompetisies en vele meer. Ons doel by WACK is om aan kinders met ‘n liefde vir drama en uitvoerende kunste die geleentheid te gee om hul passies te kan uitleef en om meer te kan leer oor die bedryf. Ons fokus veral ook op kinders wat nie noodwendig belangstel in drama nie, maar hulp nodig het om ‘n beter selfbeeld en selfvertroue te bou. Hulle geniet die Drama net soveel soos die “drama queens en kings” en ondervind RADIKALE groei in hul selfvertroue en kommunikasievermoë. Klasse: Eenmaal per week Kostes: Kinders 8-18jaar: R250 per maand vir 11 maande (Februarie tot Desember) Betaalbaar voor of op die 5de dag van elke maand. Kinders 5-7jaar (WACKy) R150 per maand Optioneel: Drama T-hemp R170 Gaan gerus na die WACK facebook-groep om te sien wat aan die gebeur is by die Klub. Webtuiste binnekort op die been.