2,776 profile views

Wilco Coetzer

  • Actor, Model, Singer
  • 36, Male
  • Gauteng, Pretoria

General Information

Wilco, ‘n kort opsomming oor waar hy vandaan kom en wie hy is: Wilco is ‘n 25 jarige jongman van Pretoria. Van kunsbeen af het Wilco ‘n belang getoon in die kunste, alhoewel dit eers deur sy liefde vir drama te voorskyn gekom het. Wilco het op verskeie kunstewedstryde die A++’e ingeruim in hierdie veld. Wilco kom uit ‘n baie talentvolle familie waar pa en ma en die helfde van die familie die instrumente kon tokkel en almal tot laat saam sing op die maat van die musiek. Alhoewel hy met hierdie familie geleenthede meer terug gestaan het en nie uitgeblink het met sy sang nie was omdat hy geglo het ‘n mens kan nie ‘n bestaan daaruit maak nie en moet eerder homself vestig in die besigeids wereld soos sy pa se voorbeeld hom geleer het. Wilco het op die ouderdom van 16 meer bewus geword dat die liefde wat hy vir musiek en die kunste het nie meer onder hierdie maatemmer van hom gehou kan word nie. Hy het besef God het vir hom hierdie talente gegee met ‘n doel en dit is om Hom daarmee te vereer. As jong tiener was sy ouers nog altyd vir hom die perfekste voorbeeld van hoe die liefde en die lewe moet wees en het dus saam met hulle begin bedien vanaf die verhoog in die AGS kerk waar hulle betrokke was. Hier kon hy baie groei én leer en meer van sy instrument leer. Wilco het toe skaars klaar met skool so ook die voltydse lof en aanbidding span leier geword van ‘n kerk in Pretoria en het na 4 jaar daar aanbeweeg na nog beter dinge wat God vir hom in stoor gehad het. Hy is nie net ‘n mooi gesiggie met ‘n nagtegal stem nie, twee dae na hy gematriekuleer het het hy ook voltyds vir sy pa se besigheid gaan werk en is tot vandag toe nog deel van die maatskappy. Soos die jare aangestap het en geleenthede voortgespruit het kon Wilco die verhoog deel met talle bekende name in die musiekbedryf naamlik: Coenie de Villiers, Karlien van Jaarsveld, Jay, Helena Hettema, Leanie May, Kevin Leo en nog talle ander. Wilco het toe later ‘n sang duo gevorm saam goeie vriend en kollega Waldo Greeff wat ‘n gesogte liedjieskrywer is maar het toe besluit om die solo loopbaan te betree en het nog nie ‘n dag terug gekyk nie. Met groot sukses by sy optredes by verskeie privaat funksies, montana family market, Boksburg family market, kuierplek “gig’s” en net waar ook al daar ‘n gaatjie gevul kan word met werklike talent. In 2005 neem Wilco ook deel aan die South African Championships of Performing Arts en na talle gerugte dat die eerste jaar inskrywings nie groot verwagtinge moet hê nie omrede hulle selde enige prestasie behaal kan Wilco hulle verkeerd bewys om ‘n brons, twee silwer en ‘n goud in te palm en nog boonop gekies was om Suid Afrika by die World Championships in Orlando Florida te moes gaan verteenwoordig. Wilco raak graag stil en pen dan ‘n paar woorde op papier neer en sodoende het sy liede Toktokkie, mercy me, ek onthou jou lyf en nog ‘n handjie vol ander uit sy pen gevloei. Wilco is nie net ‘n nuwe opkomende “legende” in die in die vermaaklikheids bedryf nie, maar sy voete staan vas geplant op Jesus sy rots op wie hy altyd kan vertrou en staatmaak. Met sy sprankelende persoonlikheid, opregtheid, skerp sin vir humor en nie eers te praat van die nagtegaal stem met die die ‘blues’, ‘jazz’, ‘rock’ gevoel wat hy gee nie, ‘n warm stem wat almal sal betower en die koppe laat draai – is Wilco sterk oppad om baie vining diep spore in Suid Afrika en die wêreld se vermaaklikheids bedryf te trap. Bespreek vir Wilco vir enige geleentheid, funksie fees produksies ens. op die volgende nommer 079 495 2523 of per e-pos wilcoctz@yahoo.com . Facebook: Wilco Coetzer / Twitter: WilcoCoetzer

 
 

Sound Clip

 

Video